Beste [FNAME]
 
Hier in die Sondagsriviervallei word die winter ryp in diep-oranje lemoene (foto hieronder). Ons beweeg (ek stappend in die lemoenboorde) na Week#3 van ons KOLA-20 (Kom Ons Lewe Anders-20) Aksieplan.

Gelukkig kan ons voortaan enige tyd van die dag stap. Kies ‘n tydjie wat dit nie te koud is nie, en ‘n plek of roete waar jou siel ook kan asemhaal. Onthou die aksieplan is netsoveel vir goeie kopspasie as kleiner/gesonder lyfspasie. Moenie te veel dink nie, doen net. Dan kom die kopspasie sommer agterna.

Dankie vir die eposse wat ek ontvang het van mede-KOLA's. Ek deel twee inspirasie-posse met jou: een uit Kessel, België en die ander uit Franschhoek. Stuur ook foto's van die paadjies wat julle stap, draf or ry.

Laat my gerus weet hoe dit met jou gaan: skryf aan [email protected].
Sterkte!

Marí en die res van die RSG-span

VIR DIE LAATKOMMERS

Dis nooit te laat om te begin nie. Hier is Week 0, Week 1 en Week 2 van die KOLA-20 aksieplan.

Begin hier


Begin enige dag, enige week, enige maand. Begin net. Moenie dink nie, doen net. Klik hier 

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.