RSG Nuusbrief | 6 Julie 2020

Beste Luisteraar

Ons het net geweet hierdie ou Covid-donkerwolk het êrens ‘n blink skynseltjie. En toe kom dit inderwaarheid in die vorm van ons jongste luistersyfers. Ons kan nou bekend maak dat RSG se luistertal jaar op jaar tot 1.33 miljoen luisteraars gestyg het.

Vir alle stasies saam is daar 37.8 miljoen mense wat enige tyd van die week na radio luister in Suid-Afrika. Boonop luister 46% van hierdie luisteraars meer as 20 uur per week na radio. Altesame 73% luister op die tradisionele radio (RSG 81%), 35% op hul selfoon (RSG 14%) en 25% op hul voertuig se radio (RSG 32%).

Byna die helfte (48%) van RSG se luisteraars luister nét RSG, wat beteken hulle is baie lojale luisteraars, is lief vir hulle stasie, neem eienaarskap en daarom laat weet hulle baie gou vir my as hulle van iets hou of nie. Só sal dit dan ook wees met die enkele programverskuiwings wat Julie-maand in werking tree.

Intussen werk die meeste van ons by RSG in dié grendeltyd steeds van die huis af, buiten die wonderlike kollegas wat ingaan ateljee toe om jou stasie op lug te hou, sodat jy steeds kan luister.

Finansiële uitdagings eis sy tol by baie werkplekke en ook by die SABC. Herstrukturering en gepaardgaande afleggings lê ook vir RSG voor in die volgende paar maande.

Tye is onseker en vreemd. Ons almal ervaar dít. Maar kom ons probeer vorentoe kyk en die uitdagings  trotseer en selfs redes vind vir humor, en om dankbaar te wees.       

Magdaleen en die RSG-span

Dankbaarheid is nie ‘n eenvoudige konsep nie, maar dit is gratis en dit maak jou gelukkig. Dis ‘n gewoonte wat gekweek moet word, dis werk en om een of ander rede kom dit nie natuurlik nie. Onlangse navorsing wys dat mense wat dankbaar is gelukkiger en meer tevrede met hulle lewe is. Hulle is minder gespanne en depressief. Lizelle de Bruin daag luisteraars uit om elke dag net een ding neer te skryf om voor dankbaar te wees. Na ’n paar maande sal jy ’n boek vol redes tot dankbaarheid hê en op die manier kom jy gou agter hoe geseënd jy is! Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Nuwe reekse en programskuiwe

Vanaf Julie is daar ‘n paar skuiwe, maar ook opwindende nuwe reekse om die tweede kwartaal van die jaar af te skop. Indien jy nog nie ingeskakel het daarvoor nie, vang op met die potgooie en skakel dan in om die res te volg. Hoewel boekvoorlesings nie op potgooi beskikbaar is nie, is dat daar ‘n omnibus in deurnag. Lekker luister!

Lees en kyk meer

Nuwe reekse en programskuiwe

Katriena Willemse en haar geliefde “kombuisverhale” het al diep in RSG-luisteraars se harte gekruip. Die Katriena-stories is deur Lapa-uitgewers in een versamelbundel as Katriena, vertel! – Hartstories uit die kombuis gepubliseer. Dit is hierdie volledige keur wat die aktrise en stemkunstenaar June van Merch van Maandag 6 Julie elke weeksoggend om 09:10 sal voorlees. 

Lees en kyk meer

Ons nuwe dokumentêre seisoen

Ons tweede dokumenêre seisoen skop op 9 Julie af en is weer vol verrassings en interessante luisterstof. In die eerste deel van die seisoen fokus ons op NP van Wyk Louw se werk en lewe. Dit is 50 jaar sedert sy dood in 1970.  

Lees meer

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

COVID-19
Vind die jongste inligting en skakels na belangrike inligting oor COVID-19 in die wêreld en in Suid-Afrika.

Lees meer

Regsake
Wat is die vereistes vir ‘n boer om fonteinwater op sy plaas te bottel en te verkoop? Wat is die reg op inligting van die Reserwebank en ander regskwessies. 

Lees meer

Wie is ek?
Ons geheue affekteer ons emosies, maar emosies affekteer ook ons geheue. Om beter te onthou, moet jy verstaan hoe jou brein werk.

Lees meer

Gesondheid
Die Covid-inperkings lei wêrelwyd tot meer selfmoord, depressie, angs en aggressie. Dié uitwerking op die psige word totaal onderskat.

Lees meer

Landbou
Die kies van die verkeerde bul vir ‘n melkkudde, kan in die langtermyn ‘n duur fout wees. 
Lees meer

Persoonlike finansies
Hoe werk verskansingsfondse? Hoe gevaarlik of veilig is dié tipe belegging? 

Lees meer

Hoe verklaar jy dit?
Waar kom virusse vandaan? Waarom help antibiotika nie teen virusse nie? Wat is æn Jerusalem-kriek? Die wetenskaplikes vertel meer in Hoe verklaar jy dit? 

Lees meer

Sterre en Planete
Hoe het die heelal ontstaan? En het al die bekende sterre soos Alderan, Sirius en Antares almal eksoplanete?

Lees meer

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.