RSG Nuusbrief | 1 Mei 2020

Beste Luisteraar

Kyk, ons Suid-Afrikaners is ‘n interessante en diverse nasie. En die grendeltyd bring baie positiewes en negatiewes na vore. Ek is aangenaam verras oor hoe vinnig ons omroepers en regisseurs hulle kon inrig by hul huise om van daar af insetsels, onderhoude en programme bymekaar te sit vir uitsaai. Kyk hier na ‘n paar foto’s.

Vlak 4 van die inperking maak nie eintlik ‘n verskil aan uitsaai nie, want dit word as ‘n noodsaaklike diens beskou. Die enigste probleem was dat ons geen dramas, boekvoorlesings of vervolgverhale kon opneem nie. Dit lyk asof ons wel nou enkeles sal kan opneem maar onder streng beperkings. Ons hou julle op hoogte.

Iets wat nou wel op vlak 4 toegelaat word, is om soggens tussen 06:00 en 09:00 in jou buurt te mag stap, draf of fietsry. En toe kry ons ‘n plan.

Baie dankie luisteraars vir al die mooi e-posse van dank wat ons die afgelope tyd kry van julle. Ek is bly julle het die kunstefees-bydraes so geniet. Julle positiewe terugvoer  gee ons weer woema om ons beste vir julle te doen onder omstandighede. Maar ons wonder of julle méér radio luister in die inperkingstyd. Neem gou-gou deel aan ons opname, asseblief.

Magdaleen en die RSG-span

ONS NUWE AKSIEPLAN

COVID-19 het alles verander: die wêreld, die ekonomie, ons manier van diink, doen en lewe. Maak dit die hupstoot tot Kom Ons Lewe Anders-20 (KOLA-20) aksieplan. Ons noem dit spesifiek 'ons' aksieplan, omdat ons met hierdie inperking almal op sy eie manier ingeperk is – sommige net in hul jaart, ander in ‘n kamer en ander boon-op in hulle koppe. Ons sluit ‘n weeklikse plan in om jou te leer om gesonder te lewe, geleidelik aktiewer te word, en ook wenke om jou denke meer positief te maak. Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Agter die skerms

Het jy gewonder hoe kry ons dit reg om nie net daagliks jou stasie op die lug te hou nie, maar ook om steeds ‘n verskeidenheid programme te bring? Die nodige omroepers kom in na die ateljee en ander werk van hul huise af.

Lees en kyk meer

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

COVID-19
Vind die jongste inligting en skakels na belangrike inligting oor COVID-19 in die wêreld en in Suid-Afrika.

Lees meer

Regsake - Arbeidsreg
Wat is werknemers se regte oor afdankings, wangedrag, dissiplinêre verhore en konstruktiewe ontslag.

Lees meer

Groeipyne
Kinders se temperamente en geaardhede verskil. Jou kennis van jou kinders se temperamente kan jou help om dinge makliker by die huis te hanteer.

Lees meer

Gesondheid
Waarom het mense met chroniese siektes (soos diabetes, asma ens) en oorgewig mense, ‘n groter kans om sieker te word van COVID-19?

Lees meer

Landbou
Virtuele wolveilings het hervat en avo's is tans in seisoen. Gaan stroop- en planttoerusting betyds afgelewer word, inperkings en al?
Lees meer

Persoonlike finansies
Hoe gemaak met ondernemings se kontantvloei in dié moeilike tyd? Watter verligting bied die SA Inkomstediens aan maatskappye?

Lees meer

Hoe verklaar jy dit?
Waarom ruik rose lekker en ander dinge weer sleg? Voer duiwepare mekaar? Die wetenskaplikes vertel meer in Hoe verklaar jy dit? 

Lees meer

Sterre en Planete
Hoe ver noord moet ‘n mens reis om die noorderligte te sien. Wat is die nuwe inligting oor die uitdying van die heelal?

Lees meer

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.