Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

RSG Nuusbrief | Januarie 2021

Beste [FNAME]

Ons het uitgesien na 2021 in die hoop dat dit ‘n beter jaar sal wees. Ek weet nie wat die jaar verder gaan oplewer nie, maar sover is dit nie noodwendig vir almal vol voorspoed nie.

Die jaar het begin met Covid wat erger raak; die Covid-getalle begin name kry en kom nader aan ons almal. Ook in RSG-geledere bring dit hartseer met ons geliefde Margot Luyt wat sterf aan Covid-verwante komplikasies. Ons kan nie genoeg hulde bring aan hierdie formidabele, geliefde vrou nie.

Wat kan ‘n mens verder sê oor die pestilensie? Wees versigtig en die beste raad is seker maar om nie onnodig rond te beweeg in die gemeenskap nie en ekstra versigtig te wees.

Hier by die SAUK het die implementering van die 189-afleggingsproses begin. Baie mense het afleggingsbriewe ontvang, en die aangepaste poste word tans geadverteer.  Die SAUK hoop om alle poste teen einde Februarie gevul te hê, want diegene wat afleggingsbriewe gekry het, en nie in nuwe poste aangestel word nie, groet ons die einde van Februarie. Ons dink aan al ons RSG-kollegas in hierdie onsekere tydperk.

Ons waardeer jou volgehoue ondersteuning en geniet ons nuwe programme en insetsels.

Magdaleen en die RSG-span

Die bruisende watermassa van die Oranjerivier stort nou donderend oor die Augrabiese valle nadat die watermassa die valle Vrydag bereik het. Die valle was in 2014 laas so vol. Kyk na die foto's en video's.

Lees meer.

Margot Luyt se bekende, welluidende stem is stil. Die geliefde radio-persoonlikheid, stemkunstenaar en aktrise is Dinsdag 19 Januarie oorlede. Sy was baie broos toe sy Covid opgedoen het. Ons wens haar net die aller aller sagste rus toe.

Lees meer.

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Laingsburg vloed: 40 jr later

Vier dekades ná een van die grootste natuurrampe in ons land, onthou RSG dié gebeure. Luister Maandag 25 Januarie om 10:15 na Die Onsigbares: Wolkbreuk deur Krisjan Fourie.

Lees meer.

Flapoor
Ontdek die wonderwêreld van olifante in hierdie nuwe reeks op alhoebekker. Veearts Gerhardus Scheepers gesels weeksdae om 9:30 oor hul gewoontes, intellek en meer.
Lees meer.

Maniere, Maniere
Voortaan op Woensdae om 9.30vm gesels Amore in Maniere, Maniere! met Kay Karriem, redakteur van die Kuier tydskrif. Kay is ‘n kleurvolle mens, wat so bewus is van mense se maniere oor die selfone en sosiale media.
Lees meer.

Nuwe aand-boekvoorlesing
Die boek “wat jou tot stilte ruk”, is van Dinsdag 2 Februarie weeksaande om 19:20 op RSG te hoor. Die Wonderwese deur Carina Stander, is die tweede in Stander se fantasiereeks. Die akteur Pieter van Zyl sal weer agter die mikrofoon inskuif vir hierdie opvolg van die gewilde roman, Die Bergengel.

Lees meer.

Fiks vir lewe is terug
Dié interaktiewe program is weer op lug van hierdie maand af. Luister Sondagaande net na 19:00.
Lees meer.

Luister weer

Klik net op die skakels en luister weer.

Landbou
Die afgelope kanola-oes is die beste nóg in Suid-Afrika. Ons bespreek dié goeie nuus, vertikale boerdery en die effek van die drankverbod op moutgarsprodusente.

Lees meer.

Regsake
Hoe laat ‘n mens jou naam van die kredietburo se swartlys verwyder? Is gelykheidshowe effektief? Wat kan ‘n vrou doen as haar man sy hele salaris wegdobbel?

Lees meer.

Leefstyl
Alwyn Uys is die 1e parapleeg om van Robbeneiland na Bloubergstrand te swem. Alwyn was ook die 1e parapleeg wat ‘n Ysterman kompetisie voltooi het.

Lees meer.

Groeipyne
Wat is gedagte-gewoontes en hoe kan jy jou kinders help grootword met vaardighede om enige iets wat na hulle kant toe kom, te kan hanteer.

Lees meer.

Tronk van Pyn
Luister Donderdagaande om 20:00 na die insiggewende reeks van 4 episodes waar mense wat met outo-immuunsiektes, lewe, vertel hoe hulle deur moegheid en pyn voortbeur.
Lees meer.

Gesondheid
Hoe werk Covid-vaksiene? Hoe veilig is die vaksiene werklik? is dit wel effektief teen die nuwe variante? Gaan ‘n mens se DNS verander? Wag ‘n derde golf op ons?

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Wat moet jy doen as ‘n skerpioen jou steek? Is die Madagaskar Olifantvoël nader verwant aan die Nieu-Seelandse kiwi as aan die Afrikavolstruis?

Sterre en Planete
Die span praat ook oor die uitdying van die heelal, en waarop die beginsel gebaseer is, hoe donker die ruimte is en oor ‘n skrikkelsekonde.

Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
 

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.