Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

Beste [FNAME]

Ek sit nou skuins duskant ‘n maand in die warm stoel. Dis vir my ’n voorreg om my eerste RSG nuusbrief met elkeen te deel. Die herstrukturering en afleggings by die SAUK is einde Maart 2021 afgehandel. Al is die vaste personeel en administrasiespan tans nog onvolledig, doen ons en jou gunsteling omroepers ons bes om steeds programme en musiek van goeie gehalte aan ons 1,3 miljoen luisteraars regoor Suid-Afrika te bring.

In hierdie uitgawe vertel ek so bietjie meer oor myself, my agtergrond en my gesin – sodoende kan jy my beter leer ken. Ek wil jou verseker dat jou gunsteling radiostasie in goeie hande is met ’n span wat passievol oor elke luisteraar, adverteerder en belanghebbende is!

Ons drama-afdeling is hard aan die werk om elke Donderdagaand om agtuur vermaak uit die boonste rakke te lewer, so loer gerus na Spooktrein en nog ‘n voorskou van Radioteater.  Reëlings vir die nuwe dokumentêre seisoen wat op 1 Julie afskop, is goed op dreef en daar is ook ’n nuwe reeks of twee in die pyplyn, waarvan jy meer in die volgende uitgawes kan lees.

Dankie vir jou getroue ondersteuning en lojaliteit teenoor RSG – sonder jou kan RSG nie voortbou op die afgelope 84 jaar nie. Ek sien daarna uit om die pad vorentoe saam met jou te stap.

Met winter om die draai, hou jouself en jou geliefdes (en viervoetige geliefdes) warm en veilig!  RSG gaan ook saam met Winterhoop uitreik om ’n verskil hierdie winter te maak. Veral noudat Eskom dalk nie die koue gaan help verdryf nie.

Groete,

Louise en die RSG-span

Ontmoet RSG se nuwe baas!

Louise Jooste is RSG se Sakebestuurder. Sy is geen nuutjie by die RSG nie, en het die afgelope 14 jaar reeds ‘n rol gespeel in RSG se sukses. Sy is ‘n raakvatter wat van orde en ‘n skoon lessenaar hou. Die drie manne in haar lewe is vir haar baie belangrik. Op die foto van links na regs, is Reece, Lawrence, Louise & Dylan Jooste. Louise vertel meer van haarself, haar agtergrond en haar gesin.
Lees meer.

Moenie dié programme misloop nie!

Rika Sennett lees Audrey Blignault

Audrey Blignault was een van Afrikaans se veelsydigste skrywers, ’n joernalis en radio-omroeper. Haar tydlose skryfwerk sal vanaf Woensdag 26 Mei in RSG se nuwe boekvoorlesing, weeksdae om 10:45, gehoor word. Rika Sennett lees dan voor uit Met my rooi rok voor jou deur: ’n Keur uit die werk van Audrey Blignault.

Lees meer.

Spooktrein

Een maal per jaar hou hy stil met dik rookwolke wat stoom. Twee spookjagters, ook dolverlief, besluit om die spooktrein daardie aand op ’n syspoor in te wag. Spooktrein, deur Albert Short, neem jou op ‘n spookreis soos min. Luister op 27  Mei 2021 om 20:00.

Lees meer.

Daar's iets omtrent Daisy

Die inwoners van Aftreeoord Vredendal is terug en hierdie keer met meer opwinding. In “Doller as kop-af” het Freek gedink dat ‘n opblaaspop sake sal opkikker. Hierdie keer is dit ‘n kaalfoto vir ‘n kalender om geld in te samel. Luister op 3 Junie.
Lees meer.

Die Lingerfelders is terug
Die Lingerfelders laat waai!  is ‘n opvolg van die kontemporêre, karakter-gedrewe vervolgverhaal “Die Lingerfelders” wat teen die agtergrond van ‘n ryk gesin, en hulle familie en vriende in een van Pretoria se spog voorstede afspeel. Luister vanaf 26 Mei net ná 15:00 op RSG.
Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister. Klik net op die skakels.

Beurtkrag op wintersnagte
Eskom wil hierdie winter beurtkrag in die aand toepas – ons vra antwoorde van Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer. ‘n Ekonoom verduidelik wat die ekonomiese impak van kragtekorte is.
Lees meer.

Regsake
Igna Klynsmith bespreek ‘n hoëprofiel egskeidingsaak en reël 43, ouers se reg om ‘n fetus te begrawe, die regskrag van elektroniese ooreenkomste, en die vereistes om geld landuit te neem.
Lees meer.

Groeipyne
Hoe maak jy tyd vir jou kinders op ‘n besige dag of week? Watter soort tyd spandeer ouers en versorgers saam met hulle kinders, en hoe kan hulle die beskikbare tyd beter benut?
Lees meer.

Gesondheid
Moet jy die Covid-enstof neem of nie? Kan mens ‘n entstof vertrou wat so vinnig ontwikkel is? Wat van ivermektien? ‘n Viroloog vertel meer oor die Coronavirus-variante en die enstowwe.

Lees meer.

Wie is ek?
Voel jy … bla? Jy voel nie heeltemal depressief nie, maar jy voel nie jouself nie? Die wetenskapnoem dit ‘n kwynende gevoel. Hoekom moet ons bewus wees hiervan?
Lees meer.

My Mooi Dorp
Hoor hoe Cloud Jovuka van die Sondagsriviervallei se siening van sake verander het – van woedende aktivis tot ’n man wat luister en lei.

Lees meer.

Landbou
James Miller vertel van die Winston South Devon-stoet naby Cathcart se prestasties. Die afgelope wyndruifoes was laat en lank, wat ideaal is vir geurontwikkeling.

Sterre en Planete
Clyde’s se kol op Jupiter is besig om te verander. Die ontdekker van die kol, Clyde Foster van Centurion, vertel wat besig is om te gebeur.

Lees meer.

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer