Goeie nuus vir rugbyliefhebbers is dat die SAUK die radio-uitsaairegte bekom het vir die Superfan- en die Groen vs Goud-wedstryde. Die vooruitsigte vir die Curriebeker-seisoen lyk ook belowend.

RSG Nuusbrief | November 2020

Beste [FNAME]

Ek deel vandag goeie nuus en enkele frustrasies en vertel meer oor die jongste verwikkelinge by die SAUK.

Gereelde sportuitsendings wag op luisteraars. Daar lê nou 2 maande se Curriebekerwedstryde voor. Dan wag drie Europese- en Sonskynreeks-gholftoernooie in November en Desember in Suid-Afrika. Internasionale Krieket is ook terug op RSG. Engeland se Krieketspan toer aan die einde van November en begin Desember in Suid-Afrika. Ons verwelkom ook vir Pieter van den Berg terug in ons uitsaaispan.

Saam met dié goeie nuus, beleef ons daagliks die probleme en frustrasies wat jy ervaar met RSG se stroming en potgooi. Hierdie probleme is buite ons beheer en ons is daagliks aan die stoei om dit reggestel te kry. Die nuwe webwerf werk verder heel goed en ons is ook besig om dit meer verbruikersvriendelik vir RSG se siggestremde luisteraars te probeer maak.

Oor die beplande artikel 189-afleggings en herstrukturering van SAUK-departemente waaroor jy gereeld in die media lees en hoor, gaan ook vir RSG raak. Dit is egter ‘n feit soos ‘n koei dat die SAUK finansiële uitdagings het en dat die salarisrekening te hoog is. Ek beny die SAUK Raad en topbestuur nie hierdie taak op hande nie. 

Ons radiodrama-seisoen is aan die gang, met ‘n klassieke argiefdrama wat op jou wag. Ons is omgeboul deur die groot aantal inskrywings vir die radiodrama-skryfkompetisie. Die wenners word op 27 November aangekondig.

Ek hoop julle geniet die sport-uitsendings en al ons ander programme.

Magdaleen en die RSG-span

Ná al die inperkings weens Covid-19, het die son het stadig maar seker weer begin skyn op Sport. En nou is ons in November met ‘n mondvol sport byeenkomste al word wedstryde en byeenkomste nog sonder toeskouers aangebied. Jy kan nou na die sport-uitsendings op radio luister, want ons het beweeg van droë bek tot ‘n mondvol. Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Klassieke bederf uit drama-argief
Radioteater-liefhebbers word op Donderdag 19 November om 20:00 bederf met ‘n argiefdrama wat die bekroonde regisseur en geliefde radiostem Margot Luyt opgeneem het. Dit is Liefde is ‘n Roos deur Tennesee Williams, oorspronklik in Engels as The Rose Tattoo. Die aktrise Anna-Mart van der Merwe vertolk die hoofrol in ‘n drama wat plek-plek aan Lorca se klassieke Die huis van Bernarda Alba herinner. Lees meer.

Nuwe boekvoorlesing
‘n Debuutroman wat al as “prentjiemooi” beskryf is, word reeds van Maandag 9 November op RSG voorgelees. Engela Ovies se Draairivier is die nuwe aand-boekvoorlesing – elke weeksaand om 19:20.Die aktrise Simoné Benjamin – geliefd en bekend by RSG-luisteraars as Mina Afrika – is die voorleser met Amor Tredoux as regisseur. Draairivier (uitgegee deur Human & Rousseau) is ‘n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.
Lees meer.

NEEM KENNIS

Rekords spat met radiodramaskryfkompetisie
Danksy die geesdriftigheid van RSG se luisteraars (en waarskynlik ook die Grendeltyd) het die rekords behoorlik gespat tydens vanjaar se RSG en Sanlam radiodrama-skryfkompetisie. Daar is vanjaar ‘n totaal van 385 inskrywings ontvang. “Waar ons in die verlede sowat 130 inskrywings gekry het, het die hoeveelheid tekste vanjaar basies verdriedubbel. Die wenners word op Vrydag 27 November tussen 15:00 en 17:00 in Spitstyd op RSG aangekondig. Lees meer. 

‘n Prima Ballerina met Alzheimer-siekte hoor weer ballet-musiek... en onthou
Prima Ballerina Marta Gonzalez (foto onder in haar dae op die verhoog) ly aan Alzheimer-siekte. Maar toe sy na ‘n opname van Swanemeer luister, onthou sy die choreografie. Beleef die elegansie, en die patos. Kyk hier. 

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

Praat Saam
Die Vaalrivierstelsel wat water aan Gauteng verskaf, word jare reeds besoedel deur onverwerkte riool van die Emfuleni-munisipaliteit. Hoe gemaak met die grootskaalse  waterbesoedeling in Suid-Afrika?

Lees meer.

Regsake
Wat kan belastingbetalers doen as munisipale dienste nie gelewer word nie? Wat as net twee van die vier aandeelhouers in vaste eiendom dit wil verkoop?

Lees meer.

Wie is ek?
Die gereelde gebruik van alkohol word sosiaal aanvaar, so hoe weet jy jy het ‘n afhanklikheidsprobleem? Wat as jy net oor naweke drink, of ‘n doppie elke aand?

Lees meer.

Groeipyne
‘n Ouer of versorger kan inderdaad sy grondslagfase-kind help met optel- en aftreksomme. Johan van Lill praat met Marese Oberholzer, ‘n onderwyskundige, hieroor.

Lees meer.

Landbou
Vind meer uit oor weersake en somergraan-aanplantings en wat produsente kan verwag. Ons kyk ook na die moets en moenies van diere-veilings en aanlyn-wynverkope.
Lees meer.

Gesondheid
Dit is baie belangrik om ná ’n knie- of heupvervanging die regte dinge op die regte manier te doen om seker te maak dat jou herstel so goed moontlik verloop.

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe werk lugstrome wanneer ‘n vliegtuig in vlug is, maar daar is ‘n gat in die romp? En hoe werk instinktiewe versus aangeleerde gedrag by voëls en soogdiere?

Sterre en Planete
Vind meer uit oor ‘n reuse ontploffing wat miljoene ligjare gelede in die ruimte plaasgevind het. En wat van die satelliet wat ruimte ingestuur word om ander satelliete te gaan diens?

Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.