Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

Beste [FNAME]

Hierdie herfs verander veel meer as net die seisoen.

Hier by RSG is enkele verfynings en veranderings in ons programskedule.

Jy gaan steeds jou gunsteling omroepers op lug hoor: Martelize Brink, Johan Rademan, Haidee Muller, Fritz Klaaste en Jacqui January gaan weereens met hul programme agter die mikrofoon inskuif.

Ons het weer ‘n mooi Goeie Vrydag programskedule saamgestel. Ons nuwe dramaseisoen skop ook vanaand af.

Geseënde Paasfees en bly gesond!

Magdaleen en die RSG-span

Ons bied weer op Goeie Vrydag ‘n spesiale program aan. Van radiodramas tot musiek en gesprekke gerig op Paasfees.

Lees meer.

Program-verskuiwings by RSG

Ons het enkele veranderings aan ons programskedules aangebring. Ons hoop die klein veranderings sal steeds in jou kraal val. Hier is die program-verskuiwings vanaf 5 April 2021.      

Lees meer.

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Nuwe dramaseisoen
‘n Kaalbas kalender, sterrereën en ‘n spooktrein kom onder andere aan die bod in RSG se eerste Radioteater-seisoen van 2021. Die seisoen begin met die wenners van verlede jaar se RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie. Isabel Martinson se klugtige komedie, Pap en kaviaar, word vanaand om 20:00 uitgesaai en ‘n week later is Hulle noem hom Mamba te hoor.

Lees meer.

Pap en Kaviaar
Die vonke spat in Pap en Kaviaar, die openingsdrama in RSG se eerste radioteater-seisoen van 2021 asook die afskop van die jaarlikse “seisoen van wenners”. Luister vanaand om 20:00 na die komiese drama geskryf deur Isabel Martinson (foto). Die drama was die wenner van die merieteprys in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020.
Lees meer.

Hulle noem hom Mamba
Luister op 8 April na Adriaan Havenga se Hulle noem hom Mamba, wat met die prys vir Jong Skrywer bekroon is in die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die tema van vrees en die verlammende effek daarvan op ons lewens word verken. Havenga (foto) is ‘n dramastudent aan US.
Lees meer.

Sonduiker
RSG se middagstorie deur Anton Treurnich is vol intriges, asemrowende bestemmings en aksiebelaaide avonture. Dit neem spanningsvolle wendings met smokkeldiamante en waaghalsige reddingspogings. Luister elke weeksmiddag om 14:45.
Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister. Klik net op die skakels.

Praat Saam
Die ANC se integriteitskommissie kon nie hul sekretarisgeneraal, Ace Magashule, dwing om opsy te staan nie, kan die NUK? Hoe wyd en beslissend strek die magte van die NUK en help dit president Cyril Ramaphosa?
Lees meer.

Regsake
Is verkopers gebonde aan die prys wat hulle adverteer, al is dit foutief? Wanneer moet ‘n pa wat vaderskap ontken, onderhoud betaal? Wat as ‘n prokureur “verdwyn” met jou geld?
Lees meer.

Covid se 3e golf
Eers as die Covid-bal van die volgende golf die kolf tref, kan data-ontleders voorspel of dit ‘n reusagtige ses gaan wees of nie. Dit lyk of die volgende golf (groot of klein) minstens 4 weke in die toekoms lê.
Lees meer.

Gesondheid
Groot vordering is die afgelope 20 jaar en meer gemaak in tandheelkunde. Van wit kermaiekstopsels tot fyner implantate en baie meer. Ja, baie kan gedoen word om jou tande mooi en gesond te hou tot jy 90+ is.

Lees meer.

Groeipyne
Johan van Lill praat met Chris de Beer, ‘n leierskapsafrigter, oor hoe ons moet dink oor leierskap in die gesin, en die rol wat pa’s in leierskap kan speel.
Lees meer.

Wie is ek?
Vergeet van One Flew Over the Cuckoo's Nest as jy aan ‘n moderne psigiatriese kliniek dink. Wat gebeur in so ‘n kliniek? Wie kan baat by ‘n opname?

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Wat is die storie van die Koch-sneeukristal? Wat is ‘n fraktaal?
Hoekom word die woord, kalf, gebruik om die kleintjie van ‘n walvis te beskryf? Wil jy meer weet oor mantas?

Sterre en Planete
Ruimtewetenskaplikes van NASA en JPL het verlede week ‘n nuuskonferensie gehou oor die planne met die Mars-helikopter Ingenuity en ‘n belangrike aankondiging gemaak oor dr. Japie van Zyl se rol tydens die projek.

Lees meer.

Landbou

Die SA Boerboeltelersgenootskap is pas geregistreer. Luister ook na nuus oor die Suiwelproduk van die jaar (ja, Lactalis SA is die wenner), en Wes-Kaap se landboubegroting.

Lees meer.

My Mooi Dorp
My Mooi Dorp is daarop gemik om dorpe in ons land te help om model-dorpe te word. In die program fokus ons ook op ‘n innoverende samewerkingsooreenkoms wat pas op Kroonstad bekend gestel is.
Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
 

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer