RSG Nuusbrief | April 2020

Beste Luisteraar

Midde-in grendeltyd, waar ek soos baie van ons luisteraars van die huis af werk, het ek ‘n brokkie goeie nuus ontvang. RSG is een van die radiostasies wat die afgelope boekjaar ‘n wins getoon het. Al wat ek kan sê is: dankie aan al ons getroue luisteraars en gewaardeerde kliënte!

Die omroepers hou jou stasie op die lug. Hulle mag net ingaan na die ateljee om ‘n skof te doen, en wel gepantser met masker en ‘n lappie vir die jik en ontsmettingsmiddel waarmee vóór en ná elke skof skoongemaak word. Een ding waarvan ek seker is, is dat ‘n nuwe normaal aangebreek het. Gaan ons nog so baie kantoorruimtes benodig, veral met die nuwe tegnologie wat beskikbaar is? Maar ek besef ook dat die mens ‘n tropdier is wat sosiale en fisieke kontak met die ander lede van sy trop nodig het.

Lynette Frances, ons kollega en aanbieder van Praat Saam, het aan eie lyf gevoel hoe die grendeltyd jou planne omver kan gooi. Sy moes haar en Ashley se beplande huwelikseremonie en onthaal in die Kaap op die nippertjie kanselleer. Maar tog is sy nou mev. Frances-Puren. Sy vertel die storie.

Maak seker jy bly in die geselskap van RSG. Luister en kyk na ons omroepers se grendelboodskappe. Ons hou jou op hoogte van die jongste verwikkelinge met Covid-19 en ons probeer om jou op te beur waar ons kan, soos met die heruitsendings van vorige RSG Kunstefees-programme.

Magdaleen en die RSG-span

Hoe gemaak as die inperkings jou trouplanne deurmekaar krap? Lynette Frances en haar verloofde het nie toegelaat dat dié struikelblok hulle pootjie nie, en het op ‘n strand in Kaapstad die knoop deurgehak. Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Genade 

Marita van der Vyver se radiodrama, Genade, word beskryf as ‘n “meesterklas in hoe om ‘n storielyn met ‘n voorspelbare en onafwendbare einde fassinerend te hou”. Luister Donderdag 23 April om 20:00 weer na dié drama.

Lees meer

Feestreffers op pad 

Met luisteraars steeds tuis, het RSG besluit om deur die argiewe van die veelbekroonde RSG Kunstefees te blaai. Van Woensdag 22 April gaan daar ‘n hele paar van die feestreffers weer op lug wees. Skuif reg vir woordkuns, drama, musiek en kabaret.

Lees meer 

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

COVID-19 
Hoe beskerm ‘n mens jou patente en die skeppings van skrywers, asook modelle en handelsmerke. Wat is die vereistes vir registrasie van ‘n patent? 

Lees meer 

Regsake 
‘n Arbeidsregspesialis praat oor die uitdaging van werkloosheid, die rol van vakbonde, stakings en -skade, en die bevriesing van salarisse in dié tye.
Lees meer 

Groeipyne 
Waaroor bekommer ouers, versorgers en kinders hulle in die grendeltyd? Wat is jou vrese en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?
Lees meer

Gesondheid 
Gelukkig vorder die meeste pasiënte met Covid-19 nie verby fase 1 en 2 van die siekte nie. Dis in fase 3 wat die longe erge skade kan opdoen.
Lees meer

Landbou
Ons bespreek die groei in die plaaslike bloubessiebedryf en
aartappelboere se gebruik van ongeregistreerde chemiese middels. 
Lees meer

Persoonlike finansies
Baie mense is in hierdie onsekere tyd bekommerd oor hulle finansies. Johan Rademan praat met twee kenners oor wat jou te doen staan.

Lees meer

Hoe verklaar jy dit? 
Hoekom lê alle voëls eiers? Het jy geweet dat trekvoëls vóór hul migrasievlug baie vetreserwes opbou? 

Lees meer

Sterre en Planete
Waarom is die windspoed op Mars belangrik vir die Mars-helikopter? En wat weet jy van die grootste supernova-uitbarsting?

Lees meer

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.