Ek bespeur so ‘n kriewelrigheid onder mense. Ek sien en hoor dit op sosiale media en inbelprogramme, sms en e-posse. Hou moed.

RSG Nuusbrief | 6 Augustus 2020

Beste Luisteraar

Ek bespeur so ‘n kriewelrigheid onder mense. Ek sien en hoor dit op sosiale media en inbelprogramme, sms en e-posse.

Die krapperigheid se oorsprong, lyk dit my, spruit uit Covid-19, al die moets en moenies en grendelregulasies wat nie altyd sin maak nie en ongerief en skade veroorsaak. Ons mis ons familie en vriende. Daar’s van ons vriende en familie, selfs vreemdelinge, wat hul werk en sake-ondernemings verloor het. Alles het beslis ‘n impak op my en jou gemoed.

By die SAUK is ons versoek om steeds, indien moontlik, van die huis af te werk. Die omroepers is ons helde, want hulle gaan steeds ateljee toe om die stasie op lug te hou.

In hierdie vreemde tyd, kan ek nie die regte woorde vind nie, buiten om te sê, kyk rondom jou en help waar daar nood is, as jy enigsins kan. En beskerm jouself deur ‘n masker te dra, afstand te hou tussen jou en iemand anders, groot samedrommings van mense te vermy en gereeld jou hande te was. Iewers moet dinge weer beter gaan.

Hou moed. RSG hou jou graag geselskap met die reis op ons Jolige Kannabus, Geestesgesondheids-gesprekke, hulde aan Elize Cawood, dokumentêre programme, landboubesprekings, regsake, sport, musiek en al die res.
 
Magdaleen en die RSG-span

Sedert die dood van aktrise Elize Cawood, word daar baie na haar TV-werk verwys. Maar inderwaarheid het radiowerk ‘n groot rol in haar loopbaan gespeel. Ons bring in hierdie nuusbrief hulde aan van haar radiowerk. Jy kan die programme in jou eie tyd en gemak luister. Hier is ook ‘n baie skaars onderhoud met Elize toe sy van die radio-karakter Girlie afstand gedoen het, ‘n onderhoud wat jy nêrens anders sal hoor nie. Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Katriena vertel

Katriena Willemse en haar geliefde “kombuisverhale” het weereens diep in RSG-luisteraars se harte gekruip. Luister elke weeksoggend om 09:10 hoe aktrise en stemkunstenaar June van Merch hierdie stories voorlees.

Lees en kyk meer

Ons dokumentêre seisoen
Augustus is NP van Wyk Louw-maand hier op jou stasie. Dis vanjaar 50 jaar sedert sy dood in 1970. Daar is ‘n nuwe dokumentêre program, ‘n drama, ‘n gesprek deur filosowe en ‘n vars versprogram. Luister Donderdagaande om 20:00. Lees meer

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

COVID-19
Vind die jongste inligting oor COVID-19 in die wêreld en in Suid-Afrika, waar Wes-Kaap en Oos-Kaap reeds die kruin bereik het.

Lees meer

Regsake
Regskwesssies oor die bevoegdhede en ontslag van trustees, telefoonbemarkers, en ‘n erflating word bespreek.

Lees meer

Groeipyne
Weet jy hoe om met jou kind te praat dat hy werklik hóór en na jou luister? ‘n Opvoedkundige sielkundige gee in Groeipyne raad en wenke oor kommunikasie binne gesinne.

Lees meer

Gesondheid
Is die Staat se totale beheer oor Covid-teenliggaamtoetse ‘n voorspel hoe sekere mediese toetse en behandeling onder die NGV onbeskikbaar gaan word?

Lees meer

Landbou
Suid-Afrikaanse wol- en sybokhaarprodukte is steeds internasionaal gesog. Embrio-oorplasings word ook bespreek.
Lees meer

Kat en Hond
Wat verklap jou keuse van troeteldier oor jou? Hoe hou jy jou diere veilig en gesond in die grendeltyd? Lizma van Zyl gesels met kenners en liefhebbers.

Lees meer

Hoe verklaar jy dit?
Wat is die witkruisarend se rooftegnieke en broeigewoontes? Het jy geweet roofvoëls kan selfs honderde jare op een plek nesmaak?

Sterre en Planete
Dit is baie ingewikkeld om uit te werk waar ‘n tuig op Mars moet land. Dr. Japie van Zyl gesels oor Mars-sendings en -landings.

Lees meer

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.