Beste [FNAME]
 
Hier is Week#2 van ons KOLA-20 (Kom Ons Lewe Anders-20) Aksieplan. Ons vra om verskoning vir die vertraging. Ek kan dit nie eens op die inperking of Covid-19 toeskryf nie, of dalk kan ek. Want die inperking is besig om my onder te kry.

Die hospitale oral in die land raak stadigaan voller met pasiënte met Covid-19, en ons is al byna 60 dae ingeperk.

Dat die inperking besig is om sy tol op baie vlakke te eis, is gewis. Maar juis daarom moet ons ‘n teenvoeter vind. Maak KOLA-20 jou teenvoeter. Daar wag baie paadjies om gestap te word, soos die strate van Stellenbosch vol herfsblare hieronder. (Foto: Linda Roosenschoon.) Stuur ook foto's van die paadjies wat julle stap, draf or ry.

Laat my gerus weet hoe dit met jou gaan: skryf aan [email protected]. Ek sal jou probeer inspireer, maar ek het ook soms inspirasie nodig, want dié sinnelose inperking kry my ook soms onder.

Maar kom ons gaan oor tot aksie.

Marí en die res van die RSG-span

VIR DIE LAATKOMMERS

Dis nooit te laat om te begin nie. Hier is Week 0 en Week 1 van die KOLA-20 aksieplan.

Begin hier
KOLA-20 (Kom ons lewe anders) is ‘n praktiese teenvoeter teen die negatiewe dinge van inperking: verkeerde eetgewoontes, te min oefening en ‘n brein wat sy oemf verloor het. 
Lees meer

Week 1
Ons begin stadig met maagoefeninge, want as jou kernspiere nie sterk is nie, gaan jou postuur verkeerd wees. Ons wys jou hoe. Dan ook ‘n kort stappie, ons ruil soetgoed vir vrugte en ons help met jou kopspasie.

Lees meer

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.