Goeie nuus vir rugbyliefhebbers is dat die SAUK die radio-uitsaairegte bekom het vir die Superfan- en die Groen vs Goud-wedstryde. Die vooruitsigte vir die Curriebeker-seisoen lyk ook belowend.

RSG Nuusbrief | Desember 2020

Beste [FNAME]

Kyk elke wolk het ‘n silwer randjie. In hierdie moeilike tyd van onsekerhede (maar dat RSG voortgaan, is geen onsekerheid nie), het ek net weer besef hoe sterk RSG staan in Suid-Afrika én ook by ons oorsese luisteraars. En ook hoe wyd en deur wie ons radiostasie geluister word. Ek is dus nie verbaas dat ons lojaliteitsyfer op ‘n almintige 48% staan nie.

Baie dankie vir die boodskappe en ondersteuning sedert die SAUK se afleggingsproses bekend gemaak is. Dít was nou ‘n goeie barometer vir RSG om te kan besef dat PBS-radio en spesifiek RSG ‘n ongekende belangrike rol speel om luisteraars in te lig, te bemagtig en te vermaak. En in baie gevalle is ons ‘n lewens-aar. Dit laat die RSG-span net weer besef watter groot taak op ons skouers rus om altyd eerlike, professionele en kwaliteit werk te lewer.

Wat betref die SAUK se herstruktureringsproses, is daar nog onsekerhede. Die afleggingsproses is vir eers tot einde Januarie 2021 opgeskort terwyl verdere gesprekke en konsultasies tussen rolspelers gedurende Desember plaasvind. So, niemand word in Desember afgelê nie. Die uitkoms van Desember se onderhandelsgesprekke tussen verskeie rolspelers sal waarskynlik die pad vorentoe bepaal.

Intussen gaan RSG voort om met passie vir jou geselskap te hou, veral oor die feesseisoen. Ons sal ook in die volgende nuusbrief meer vertel van wat alles voorlê in die programbeplannings vir die feestyd.  

Ek hoop julle geniet die sport-uitsendings, ons radiodramas oor Goëlstories en ‘n Masjientjie, ons wens al die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie wenners geluk, ons nuwe boekvoorlesing (want Hans is met mening terug), en al ons ander programme.

Magdaleen en die RSG-span

Die wenners van dié gewilde radiodrama-skryfkompetisie uit ‘n rekordgetal van 385 inskrywings, is pas op RSG bekend gemaak. Die totale prysgeld is R155 000. Die eerste prys van R70 000 gaan aan Adelle van Wyk van Malmesbury.

Lees meer.

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Dubbeldoor Goëlstories
In RSG se Radioteater kry jy twee mini-dramas van I.D. du Plessis wat verwerk is deur André Kotzé. Hierdie spesiale dubbeldoor en opdragwerk is ter viering van I.D. du Plessis wat vanjaar 120 jaar oud sou wees. Die twee dramas word Donderdag 3 Desember om 20:00 direk na mekaar uitgesaai.

Lees meer.

Radioteater: Die masjientjie
Beatrice se Skotse ingenieursvriend werk aan ‘n pynmasjientjie. Die masjientjie word gou gewild in die gemeenskap. Dan word Beatrice se seun, Damien, ernstig siek. Die Masjientjie word 10 Desember om 20:00 uitgesaai.

Lees meer.

Nuwe boekvoorlesing

Die geliefde Hans van Kraaienburg, meesterlik lewe gegee deur die akteur en voorleser Tobie Cronjé, is terug in Alhoebekker! Hans gee Herklaas horings, die opvolg van die topverkoper, Hans steek die Rubicon oor, word van Woensdag 9 Desember elke weeksoggend om 10:45 op RSG voorgelees.

Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

Praat Saam
Covid-19 het groter druk op sowel private as openbare gesondheids-dienste geplaas. Wat is die stand van hospitale en klinieke wat jy onlangs besoek het?

Lees meer.

Regsake
Kan ‘n kleinkind onderhoud eis teen sy oorlede oupa se boedel? Wie is ná die vruggebruiker se dood geregtig op die huurgeld van ‘n plaas as hy sy vruggebruik verkoop het?

Lees meer.

Wie is ek?
Pyn (emosionele en fisiek) kan ‘n persoon se lewenskwaliteit benadeel. Hoe kan jy leer om met die pyn saam te leef?

Lees meer.

Groeipyne
Hoe moet die ideale kosblik vir jou kind lyk? Kundiges gee raad en ‘n paar resepte.

Lees meer.

Landbou
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf, spesifiek die wyntoerismesektor, is ongetwyfeld die landbousegmente wat die ergste deur Covid-19-beperkings geraak is. Vinpro is besig met die bedryf se rampherstelplan.
Lees meer.

Gesondheid
Sowat een uit drie vroue en een uit vyf mans ontwikkel later osteoporose. Maar díé beensiekte kan grotendeels voorkom word as tieners gesonde oefen- en eetgewoontes in hulle jeugjare het.

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Wat is die skilderbont-rietpadda? Hoekom verander hulle van kleur? Kan paddas kleur in die donker onderskei? En, waar kom tyd en ruimte vandaan?

Sterre en Planete
Hoe waterpas moet die vloer wees om die teleskoop by Sutherland korrek te monteer? Meer oor die waterstofwolk wat besig is om ons sterrestelsel te nader.

Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.