RSG Nuusbrief | Maart 2020

Beste Luisteraar

COVID-19 het ons opnuut laat besef hoe klein die wêreld geword het. Want oral in wêreldstede is strate leeg, en mense is ingeperk teen die virus. Maar dit lyk of die natuur floreer; lugbesoedeling is minder, die lug bo Europa en China reeds blouer en daar is weer swane en dolfyne in Venesië se kanale.

By RSG is die omroepers en joernaliste wat jou stasie op die lug moet hou, by die werk. Ons ander werk van die huis af en verpak selfs van ons programme tuis. Ons probeer ons bes om jou geselskap te hou.

Ons het ‘n spesiale radiodrama-seisoen uit die argief vir jou saamgestel vir April, ons herhaal Tobie Cronje se voorlesing van Hans steek weer die Rubicon oor, die koorprogram Laat ons Sing is van Sondag 5 April af langer en Musiekbonbons Ekstra is weer Sondagoggende te hoor.

Maak seker jy bly in die geselskap van RSG. Ons hou jou op hoogte van die jongste verwikkelinge met Covid-19 en ons probeer om jou op te beur waar ons kan.

Magdaleen en die RSG-span

BUIKLAG-VERMAAK IN RSG SE TUISBLY-DRAMASEISOEN

Nou, meer as ooit tevore, het RSG-luisteraars se maagspiere ook oefening nodig. Drie weke op die rusbank? RSG Radioteater se tuisbly-seisoen skop af met pure buiklag-vermaak. Lees meer

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Hans steek (weer) die Rubicon oor

Die gewilde skrywer Rudie van Rensburg se Hans steek die Rubicon oor word van Dinsdag 31 Maart weeksdae net ná die nege-uur nuus op RSG herhaal. Die gewilde oggend-boekvoorlesing met die akteur Tobie Cronjé agter die mikrofoon het luisteraars gaande gehad. Nou is dit weer te hoor. Lees meer

Matriekhulp nóú

Die Coronavirus veroorsaak groot ontwrigting, veral vir leerders en matrikulante. RSG het daarom besluit om hersieningondersteuning aan matrikulante te bied. Skakel vir die volgende paar weke, vanaf Dinsdag 31 Maart elke Maandag tot Donderdag om 19:30, in op Kompas op RSG 100 – 104FM. Lees meer

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

COVID-19 pandemie
Meer as 700 000 gevalle en meer as 35 000 sterftes is in 199 lande en gebiede aangemeld en die syfers styg daagliks. In Suid-Afrika geld streng inperkings terwyl die nuwe gevalle vinnig toeneem. Lees meer

COVID-19 verander wêreld
Die strate in groot wêreldstede is leeg, die lug bo Europa en China is skoner as in jare en swane en dolfyne swem weer in die helder kanale van Venesië. Probeer die natuur iets vir ons sê? Lees meer

Regsake
Hoe beskerm ‘n mens jou patente en die skeppings van skrywers, asook modelle en handelsmerke. Wat is die vereistes vir registrasie van ‘n patent? Lees meer

Regsake - Arbeidsreg
Arbeidsreg en COVID-19: Hugo Pienaar, ‘n arbeidsregspesialis en waarnemende Regter in die Arbeidshof, gesels oor die wetlike vereistes. Lees meer

Groeipyne
Hoe kan mens al die elektroniese huiswerk wat kinders nou van skole gaan ontvang, hanteer? Watter vaardighede moet kinders aanleer tydens afstandsonderwys?
Lees meer. Lees meer

Gesondheid
Wat gebeur in die brein van iemand met skisofrenie of grenslyn persoonlikheidsteurnis? Kan die probleme behandel en genees word? Wat is ‘n psigose? Lees meer

Landbou
Wat is die impak van die pandemie op die plaaslike landbouwaardeketting? Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, gee sy mening. Lees meer

Persoonlike finansies
Is goud ‘n goeie belegging, veral in die tye van COVID-19, rommelstatus en die globale ekonomiese insinking. Lees meer

Hoe verklaar jy dit?
Wat weet jy van Bolas- en krimpvarkie-spinnekoppe? Die wetenskaplikes vertel meer in Hoe verklaar jy dit? Lees meer

Sterre en Planete
Hoe spoor ‘n mens een van die miljoen asteroïede op? Watter soort is die gevaarlikste? Lees meer

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.