Dankie aan al die RSG-mense wat in hierdie aweregse, deurmekaar, vreemde jaar die stasie aan die gang gehou het met inhoud, vrolikheid en toewyding.

Beste [FNAME]

Kyk, ek het besef ons luisteraars is baie lojaal en ons is baie dankbaar vir jou volgehoue ondersteuning, maar in dié onsekere tye by die SAUK, het ek ervaar hóé lojaal die RSG-span is. Hoe sê mens dankie vir só ‘n span waarop ‘n mens in goeie en moeilike tye kan staatmaak?

Dié lojaliteit is veral ‘n riem onder my hart omdat Maart vir van ons kollegas ook die laaste maand van hul SAUK-loopbaan is. By die SAUK, en dus ook RSG, is die proses van advertering van poste byna afgehandel en word onderhoude tans gedoen met kandidate.

Dis juis danksy die RSG-span dat ons weereens ‘n handvol nuwe programme en projekte kan aankondig, van ‘n nuwe vervolgverhaal en boekvoorlesing, tot nuwe dokumentêre (oor Weskus-vissersmense en Addo se olifante) en oor dorpe

Goeie nuus oor rsg.co.za, is dat ons van die uitdagings met die nuwe webtuiste kon regstel en binnekort sal daar ook weer ‘n soekfunksie by potgooi wees, wat jou ervaring op rsg.co.za soveel makliker sal maak.

Geniet die programme op jou stasie en bly gesond.

Magdaleen en die RSG-span

Moeg vir ‘n gesukkel met slegte paaie en strate, water- en kragprobleme en dat dinge net nie gedoen word om hoop te bring vir gemeenskappe nie? Luister van Saterdag 6 Maart elke Saterdag om 11:10 na ons splinternuwe program om elke gemeenskap en dorp in ons land te help om ‘n model-dorp met ‘n gelukkige gemeenskap te word. Want elkeen van ons het  volgens ons Grondwet baie meer mag in ons hande om dinge te verander as wat ons besef.

Lees meer.

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Ken jy die see, meneer?
Vanaand om 20:00 volg ons die vissers van Lambertsbaai se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne tegnologie om hul toegang tot die seekos-mark aan te spreek.

Lees meer.

Die olifante van Addo
Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar het die Addo-olifante wel vergeet van mense wat tot in die vroeë negentien honderds genadelose jag op hulle gemaak het? Luister 11 Maart om 20:00 na dié dokumentêr.
Lees meer.

Sonduiker
RSG se nuwe middagstorie deur Anton Treurnich is vol intriges, asemrowende bestemmings en aksiebelaaide avonture. Luister vanaf Dinsdag 2 Maart elke weeksmiddag om 14:45.
Lees meer.

Toe ons oneindig was
Ons nuwe boekvoorlesing is van Donderdag 11 Maart weeksoggende om 10:45 te hoor. Toe ons oneindig was, geskryf deur Zelda Bezuidenhout, is die verhaal van ’n meisie is die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywood-fliek hoort.
Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister. Klik net op die skakels.

Landbou
Ons wild- en jagbedryf se bydrae is veel groter as bloot ekonomies. Adri Kitshoff-Botha, wat in 2020 as bestuurshoof van Wildbedryf SA uitgetree het, vertel meer.
Lees meer.

Regsake
Ja, jou werkgewer kan jou verplig om teen Covid-19 ingeënt te word. Igna Klynsmith bespreek ook begrafnis-polisse en kapitaalwinsbelasting.
Lees meer.

Leefstyl
Sekere hormone verander wanneer jy vet word, maar kan dit weer herstel word? Prof Tess van der Merwe vertel meer, en ook van ‘n daaglikse voorskrif-inspuiting wat gewigsverlies aanhelp.

Lees meer.

Wie is ek?
Het Covid en die inperkings jou agorafobie – ruimte- of skarevrees – vererger? Agorafobie is nie net die vrees van ruimte nie, maar meer die vrees van jou “veilige plek” verlaat.

Lees meer.

Groeipyne
n Verstommende aantal tieners se liefdesverhoudings gaan gepaard met manipulerende gedrag. Pastorale berader dr. Louisa Stoker gee raad hoe ouers hulle kinders kan bystaan en hoe om die tekens raak te sien.
Lees meer.

Gesondheid
Hartchirurg dr Susan Vosloo vertel hoe ’n chirurg ook soos ’n ingenieur en fisikus moet dink om struktuur, kragte, vloei en drukke in ag neem om ‘n kind se abnormale hartjie weer  te laat funksioneer.

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe verskil kwantumfisika van ander natuurwetenskaplike wette? Wat is ‘n swart straler? Hoe oud kan slange word?

Sterre en Planete
Die mensdom is gaande oor die kwaliteit van die foto's en videobeelde wat van die Marstuig, Perseverance, se beeldsending vrygestel is.

Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES
Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
 

Kopiereg © 2021 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer