Ek bespeur so ‘n kriewelrigheid onder mense. Ek sien en hoor dit op sosiale media en inbelprogramme, sms en e-posse. Hou moed.

RSG Nuusbrief | September 2020

Beste [FNAME]

Gedurende grendeltyd het RSG ekstra boekvoorlesings, dramas en konserte uitgesaai; baie gedurende die dag. Dit blyk dat hierdie programme, veral die dramas, baie gewild was. Volgens die terugvoer van luisteraars, is daar baie wat nooit of min na hierdie tipe programme geluister het, maar danksy die blootstelling in die grendeltyd wel geluister en boon-op daarvan gehou het.

Interessantheidshalwe, die potgooie wat die meeste afgelaai word, is dramas en die middagvervolgverhale. Van die ander programme is dit Gesondheid en Oggenderedienste, terwyl inligtingsprogramme soos Regsake, Finansies, Groeipyne en Wie is ek? ook gewilde programme is waarna julle graag weer luister.

Op ‘n hartseernoot neem ons in dié nuusbrief afskeid van dr Japie van Zyl, wat gereeld op Sterre en Planete gehoor is, en van Stephan Cloete, ons rugbykommentator in Bloemfontein.

Maar ons kondig ook ons dokumentêre programme vir September aan, asook ons nuwe middagvervolgverhaal.

Die meeste RSG-personeel werk steeds van die huis af, behalwe die omroepers in die ateljee. Baie stemme hoor jy nou regstreeks uit die aanbieders se huise.
 
Magdaleen en die RSG-span

Japie van Zyl, internasionaal bekende NASA ingenieur wat in beheer was van meer as 20 suksesvolle ruimtesendings na Mars en ander hemelliggame, is op 27 Aug in die ouderdom van 63 dood. Hy was gereeld op Sterre en Planete gehoor. Ons salueer jou, dr Japie! Lees meer
 

Oral oor die wêreld dans mense op die ritme van Jerusalema. En nou kan jy ook die danspassies stap vir stap saam met ons op RSG leer. Lees meer.

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Nuwe boekvoorlesing

Twee van RSG se bekroonde regisseurs het saamgespan vir die nuwe middag-vervolgverhaal, Die wildedruif val deur P.H. Nortjé, wat op Maandag 7 September om 14:45 afskop. Dis ‘n ware verhaal oor ‘n vloed wat in Mei 1916 in die Baviaanskloof plaasgevind het. Die boek het die eerste prys ontvang in Sarie en Tafelberg-uitgewers se jeugverhaalwedstryd. Lees meer.

Dokumentêr
In Huise van Hoop
– die Echo jeugontwikkelingsprogram, skets Hennie Maas die besondere projek olv Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word. Luister 3 September om 20:00. Lees meer.

NEEM KENNIS

Jody bak broodjies
Allerhande talente van mense het na vore gekom tydens die grendeltyd. Jody is nie net ‘n rugby- en Praat Saam-man in die ateljee nie. In die grendeltyd het hy ‘n nuwe gym uitdaging gesoek en toe begin hy broodjies bak. Lees meer

Wees gegroet, Stephan Cloete
Vir RSG-luisteraars was sy stem sinoniem met Saterdae se rugby, veral dié vanuit die Vrystaat. Om ’n wedstryd uit hierdie kontrei sonder Stephan Cloete se kenmerkende beskrywings te luister klink byna onwerklik. Stephan (53, links op foto hierbo) is op 27 Augustus 2020 oorlede. ‘n Kollega bring hulde aan hom.
Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.

Radiodrama
Met rugby, misdaad en armoede as van die temas, is Die Aasvoël, ‘n drama deur Elton Louw, een wat interessante esse gooi.

Lees meer.

Regsake
Baie mense werk tans van die huis af. Hoe raak dit die uitgawes wat jy van belasting kan aftrek? Regskwessies oor dienskontrakte en ondinge in vleis word ook bespreek.

Lees meer.

Groeipyne
Vir soveel kinders was die jaar sover ‘n groot teleurstelling wat betref al die eerstes, tradisies, feesvieringe en vele ander dinge. Help jou kind om dié teleurstellings te verwerk.

Lees meer.

Gesondheid
In Suid-Afrika het orgaanoorplanting sedert die COVID-inperkings tot stilstand gekom. Tog het die pasiënte op die waglyste steeds skenkerorgane nodig. Wat word van dié pasiënte?

Lees meer.

Wie is ek?
Wat beteken dit om ‘n betekenisvolle lewe te hê? Hoekom is dit belangrik? Hoe kan ek betekenis vind?
Lees meer.

Kat en Hond
Wat verklap jou keuse van troeteldier oor jou? Hoe hou jy jou diere veilig en gesond in die grendeltyd? Lizma van Zyl gesels met kenners en liefhebbers.

Lees meer.

Hoe verklaar jy dit?
Hoe beland ‘n klein sprinkaantjie binne-in ‘n hoendereier? Hoekom vlieg ‘n vliegtuig en vaar ‘n boot teen knope? Wat is die verskil tussen ‘n metrieke ton en ‘n gewone ton?

Sterre en Planete
Sterrekundiges het nou ontdek waarom Betelgeuse, een van die groot sterre in die Oriongroep, verdof. En ‘n presteerder vertel meer oor sterstringe.

Lees meer.

KITSSKAKELS
RSG programme en skedules:

KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme

Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.

Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer.